Eureka Care - Ouetehuis Vir Bejaardes
Eureka Care streef daarna om 'n modelhuis te wees waar ouerwordende persone in liefde en met menswaardigheid versorg word. Die missie van Eureka Care is om deur middel van professionele bestuur en dienslewering deur 'n lojale bestuurskomitee en werknemers, onverbeterlike versorging en 'n nuwe tuiste aan bejaardes te bied.
Eureka Care bied gerieflike huisvesting, kwaliteit versorging en voorsien aan inwoners se persoonlike behoeftes.
Ons glo dat 'n persoon se kronologiese ouderdom nie die kwaliteit van lewe waaraan hul gewoond was, behoort te beinvloed nie. Ook nie die mate van respek wat hom toekom, of reg tot vryheid, onafhanklikheid en individualiteit nie.